Raak betrokke
Deur tyd te bestee met ander wat geliefdes aan selfdood afgestaan het, kan 'n groot bron van vertroosting en ondersteuning wees. Hier is die besonderhede van groepe wat jou moontlik kan help.
As jy 'n kind of broer of suster aan selfdood afgestaan het
The Compassionate Friends, die internasionale steungroep vir ouers wat 'n kind verloor het en diegene wat 'n broer of suster verloor het, bestuur 'n selfdoodsteungroep in Johannesburg. Die groep bestaan uit slegs ouers of sibbe wat hulle geliefdes as gevolg van selfdood verloor het. Daar is dus baie begrip en vertroosting onder die groeplede. Die datums vir byeenkoms in 2020 is soos volg:
- 28 Maart
- 30 Mei
- 25 Julie
- 26 September
- 28 November
Alle byeenkomste vind om 14:00 by The Compassionate Friends se hoofkantoor in 22 Atholstraat, Highlands North, Sandton plaas.
As jy 'n geliefde verloor het
Johannesburg
Wanneer en waar: By die Soul Café op die TWEEDE SATERDAG van elke maand, van 2 tot 4 nm.
Adres: Soul Café, Winkel 3D, Broadacres Garden Centre, h.v. Cedarlaan en Valleystraat, Broadacres AH, Sandton
Vir meer inligting:
Webtuiste: https://www.suicidegriefgroup.co.za/
Kontak: Toni Botha - 083 728 3915 - info@suicidegriefgroup.co.za
Kaapstad
'n Gereelde selfdood-ondersteuningsgroep, SOS Wes-Kaap, sal vanaf 19:00 tot 20:30 by St Vincent's Hospitaal, Vincent Palotti, Pinelands, Kaapstad aangebied word deur Dr Carla Freeman, 'n sielkundige wat haar broer aan selfdood afgestaan het.
Die datums vir 2019 is:
RSVP's is noodsaaklik aangesien die lokaal beperkte sitplekke het – stuur dit asseblief na soswesterncape@gmail.com.
|