Inligting Inspirasie In Memoriam Boeke Kontak
 
 

 


Hierdie afdeling bevat stories en foto’s van jou geliefde. Jy is welkom om die lewensverhaal van jou geliefde te vertel en in te stuur. Skryf is een van die beste vorms van terapie, en deur jou en jul verhaal neer te skryf, verwoord jy nie net jou ervaring nie, maar kan jy ook troos bring vir diegene wat dieselfde pad as jy stap. En so bou jy ook aan ’n woordmonument vir jou geliefde.

Hoe om jou storie te stuur:
Jou verhaal kan so lank wees soos wat jy dit verkies en daar is geen voorskrif wat struktuur/manier wat jy jou verhaal wil vertel, betref nie. Dit moet egter geredigeer wees, getik wees in Arial 12pt en 1.5 lynspasiëring, en as 'n ongeformateerde MSWord-dokument ingestuur word. Enige foto's wat saamgestuur word moet asb in .jpeg-formaat wees.
Stuur jou storie aan info@survivorsofsuicide.org.za.



Vind 'n verhaal deur die eerste letter van jou geliefde se naam of van hieronder te kies:

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z